From the City Coins catalogue:
“13 Maart 1900 het die kommando uit die Kaapkolonie in die Vrystaat teruggetrek. Hefer het met die burgers van Rouxville ‘n agterhoedegeveg gelewer by die oorsteek van die Oranjerivier by Aliwal-Noord. Hy het daarna onder Keuleman van die Vrystaatse artillerie deelgeneem aan C.R. de Wet se veldtogte in Maart-Julie 1900, onder meer die aksies by Sannaspost op 31 Maart 1900, Dewetsdorp op 4 April, waar’n groot Britse afdeling hom oorgegee het, die stasie Roodewal op 7 Junie, waar die boere enorme buit aan goedere verkry het, en die stryd in die Noordoos-Vrystaat rondom Bethlehem in Junie en Julie. By die gevegte om Bethlehem raak die ammunisie van die twee Kruppkanonne van Hefer se afdeling gedaan en Britse granate dood 7 van die 10 trekperde. Die kanonne moetprysgegee word en onder leiding van J.G. van Ham stoot die Boere hulle van ‘n krans af Van Ham bevorder daar die 18-jarige Willie Hefer van sersant tot Iuitenant, so vermeld Willie met geregverdigde trots op p. 255 in sy oorlogsherinneringe.
Na die besetting van Bethlehem deur die Britte wyk die Vrystaatse kornmando’s binne die Brandwaterbekken, dit is die omgewing van Fouriesburg. Weens die gevaar van omsingeling trek De Wet met die Vrystaatse regering en ‘n groot commando daar op 15 Julie snags weer uit Willie bly agter en word by die verdediging van Slabbertsnek op 27 Julie in die he up geskiet en deur die Britte gevang. Hy sien by Fouriesburg die gekapituleerde burgers van Marthinus Prinsloo wat hom op 30 Julie 1900 oorgegee het. Na sy bewering word hy sonder enige geneeskundige behandeling na Kaapstad gestuur, as aangeklaagde beskou. Hy wys daar die gebruiklike aanbod om National Scout by die Britte te word, van die hand, word nietemin nie gevonnis nie en op die skip Bavarian in Kaapstad geplaas. Daar kry hy volgens sy bewering die erste mediese behandeling.
Met ander krygsgevangenes word hy na Ceylon gestuur. Die Bavarian het tevore Britse militere na Suid-Afrika vervoer en was baie vuil en vol ongedierte. Na ses weke in die Mont Laviniahospitaal word hy in die kamp Dyatalawa geplaas. Na in vegparty met ‘n Britse wag is hy na die halwestrafkamp Ragama oorgeplaas. Hy vertel op p. 262 oor sy ontsnapping met Tielie Roos en Louis Hirschland it Ragama deur ‘n vuilwaterkoker en oor die graaf van ‘n tonnel uit sy hut onder die draadheining na buite die kamp, maar sy mededelings stem nie ooreen met ander, geverifieerde berigte nie en sy besonderhede lyk ontleen aan ander ontsnappingspogings te wees. Hy beweer dat hy na sy herarrestasie tronkstraf in die Welikadagevangenis te Colombo moes ondergaan.
Hy was een van die Onversoenlikes in Ceylonese kampe wat geweier het om die verklaring van trou aan die Britse koning af te le na die Vrede van Vereeniging en is met 19 andere, onder wie J.G. van Ham, na die Welikadagevangenis gestuur. Soos eerder berig is, het Hendrik Pieter Geldenhuys in Colombo gesterf. Die 19 origes het in Maart 1903 van Ceylon na Java geemigreer. Hulle het gesamentlik op ‘n plaas by Lembang melkveeteelt, hoenderboerdery, byery en tuinbou uitgeoefen en die plaas Vrijheidslust genoem Hefer beskryf in kleurryke taal die optrede van die Onversoenlikes teen die Britse outoriteitewaarskynlik oordrewe -, die reis op die Franse skip La Seyne van Colombo na Tandjong Priok, die hawe van Batavia, die luisterryke ontvangs by hul aankoms en die hartlike samewerking op Vrijheidslust, maar hy swyg oor die onderlinge rusie op die plaas en die aanleiding vir hul uiteengaan. Hy het saam met Van Ham in 1904 na Nederland vertrek, Nederland, uitsland en Frankryk besoek en teruggegaan na Oos-Indie. Tot einde Mei 1905 werk hy by die spoorwee op Sumatra. Sy verlange na Suid Afrika het blykbaar te sterkgeword en hy gaan terug na die land. Op 13 September 1905 kom hy per skip in Lourenco Marques aan. Hy reis na sy familie op Burgersdorp. Oor aflegging van die verklaring van trou vermeld hy niks nie. ”
The presence of the WWI trio was explained by the family that Willie felt he was entitled to them for his part in the Rebellion of 1914.
For further reading and photo of Lieut. Hefer in uniform see: Brink, J.N. DTD - Oorlog in Ballingskap printed 1940; also: W.J. Hefer Vlugtige sketse van oorlogsondervindinge en avonture van oud-luit. Willie J. Hefer.